Grondbonebotter.Broodjie

Oond 180 gr C.  Sif saam: 2 k bruismeel, 1 t koeksoda, 1 t sout. Voeg dan 1/2 k bruin suiker by. Werk 190 ml [driekwart koppie] gladde grondbonebotter met vurk in meelmengsel. Voeg 1 geklitste eier en 250 ml melk by en roer goed deur. Roer 2 t asyn by. Kan ook gekapte grondbone byvoeg.  Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie. Bak vir 50-60 minute tot gaar.  Bedien met botter.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos