Heerlike Appeltert

Klits saam: 1/2 k sagte marg, 1/2 k suiker, 1 groot eier en 1 t vanillageursel.  Roer 1 k bruismeel en 1/4 t sout by. Roer 1 klein blikkie tertappels en halwe k sultanas by.  Skep in gesmeerde tertbak. Bak vir 30 minute by 180 gr C.  Stroop: Smelt saam: 2 E margarine en 3 E heuning.  Steek gaaitjies in gaar tert en gooi stroop bo-oor.  Bedien met roomys of styf geklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos