Tot Sy eer.
Search

Heuning Kaaskoek

Maak tertkors van Tenniskoekies, fyn gerol, en 4 E gesmelte margarine. Druk vas in gesmeerde losboom-pan.  Vulsel: Meng saam: 1 houer gladde maaskaas, 60 ml strooisuiker, 1 medium suurlemoen se sap, 50 ml heuning, 3 geklitste eiers en ‘n knippie sout.  Skep in pan bo-op koekie kors. Bak vir 40 minute by 160 gr C.  Skakel oond af en los koek in oond tot heeltemal afgekoel.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos