Hoender Korma

Meng saam in glasbak: 100 ml suurroom, 3 t kerriepasta, 1 t borriepoeier,  1 t garam masala en 1 t fyngekapte knoffel. Sny 800 gr ontbeende hoenderborsies in porsies en roer dit in die mengsel. Trek kleefplastiek oor en laat marineer vir 2 ure in yskas.   Verhit 3 t olie en 2 E botter in dikboom kastrol en braai 2 gekapte uie daarin tot sag en blink. Roer die hoenderstukke en marinade by en braai 8 minute [roer aanhoudend deur]  Voeg 125 ml hoenderaftreksel en 200 ml sultanas by. Prut saggies vir 10 -15 minute. Voeg sout na smaak by en roer deur. Roer 200 ml vars room en 1 t aangemaakte korrel mosterd by. Prut vir 5 minute.   Bedien op wit rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos