Kaas en Karringmelk kruiebroodjie

Oond 180 gr C.    Sif saam in mengbak: 500 gr bruismeel en 5 ml sout. Voeg by: 2 E gekapte pietersielie en 5 ml gedroogde gemengde kruie en 2 k gerasperde cheddar kaas.  Klits saam: 500 ml karringmelk en 2 eiers.  Roer by droë bestandele. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde broodpannetjies. Bak 1 uur lank tot goudbruin en gaar.  Keer uit panne  op afkoelrakkie en koel af. Eet met botter.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos