Kaneelkoekies

Oond 180 gr C.   Klits saam: 125 gr sagte margarine, 80 ml ligte bruinsuiker, 1 eier en 5 ml vanilla.  Sif 310 ml bruismeel en 2 ml sout. Roer by eiermengsel en vorm sagte deeg.  Rol bolletjies en rol in kaneelsuiker. Plaas op gesmeerde bakplaat. druk effe plat met vurk. Bak vir 15-20 minute tot gaar. Plaas op draadrakkie om af te koel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos