Karamel Koffie Koekies

Oond 180 Gr C.     Klits 200 gr sagte margarine en 180 ml suiker saam. Voeg 1 blik karamel kondensmelk by en klits deur. Los 1 hoogvol teelepel koffie op in 1 E kookwater en klits by. Sif 750 ml bruismeel 1 t bakpoeier en 1/2 t sout. Voeg by karamelmengsel en maak deeg aan met hande. Rol balletjies. Plaas op gesmeerde bakplaat . druk effe platter. Bak 20 minute tot gaar. Koel af op draadrakkie.   Jy kan gesmelte sjokolade as vulsel tussen 2 koekeis smeer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos