Kerrie Hoender

Oond 180 gr C. Pak 12  hoenderstukke in ‘n oondpan, ook paar aartappels in helfte gesny.  Sprinkel hoenderspeserye oor.  Meng vlg sous:  1 k blatjang, 1 k mayonaise, 2 E heuning 2 t medium kerriepoeier, 2 E suurlemoensap, 1 k water en halwe pakkie bruin uiesoppoeier. Meng deur met draadklitser. Gooi oor hoender. Bedek met tinfoelie en bak vir 50 minute.  Haal foelie af en bak verder vir 30 minute tot goudbruin en sous dik.  Bedien met rys en slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos