Klam Sjokolade Koffiekoek

Oond 180 gr C.   Klits alles saam inmengbak; 500 ml koekmeel, 500 ml suiker, 200 ml kakaopoeier, 4 t bakpoeier, 2 groot eiers, 3 ml sout, 250 ml karringmelk, 250 ml sonneblomolie, 5 ml vanillageursel en 250 ml sterk swart koffie.  Meng goed deur teen mediumspoed van klitser. Verdeel deeg in 2 gevoerde gesmeerde koekpanne en bak 40-40 minute tot gaar.  Koel af op draadrakkie.        Versiersel; 200 gr sagte botter, 750 ml versiersuike, 200 ml kakao, 50 ml warm water en 5 ml vanillageursel en knippie sout.    Begin op lae spoed klits tot alles gemeng is en klits dan op vinniger spoed tot donsig en sag.  Smeer tussen en bo-op koek-lae.  Versier met gerasperde sjokolade, flake, cherries ens.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos