Klam Vrugtebroodjie

Week 500 gr vrugtekoek-mengsel in 500 ml sterk swart/rooibostee, oornag.   Klits 500 sagte bruin-suiker, 2 eiers en 1 t vanillageursel. Roer vrugtemengsel by. Roer 500 gr bruismeel en 1/2 t sout, gesif, by. Roer ook halwe k kersies, deurgesny, by. [jy kan ook stukkies gaar pynappel, maketaan en vye stukkies byvoeg.]  Skep in 2 klein gevoerde, gesmeerde broodpannetjies.  Bak by 180 gr C vir 40-50 minute tot gaar.  Laat vir 10 minute in panne afkoel. Keer uit en laat afkoel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos