Klapper Kakao-Koekies

Oond 180 gr C. Room saam: 225 gr sagte margarine en 4 E suiker,  Voeg by: 2 k bruismeel, 2 k klapper 1 E kakaopoeier en knippie sout. Al voel dit droog, dit is reg so. Druk vas in gesmeerde plat pannetjie. Bak vir 20-30 minute.     Meng vlg vir bo-oor gooi.  3 k versiersuiker, 2 E kakao poeier en 1 t vanilla geursel. Maak aan met bietjie warm water en smeer bo-oor koek in pan as uit oond kom. Laat heeltemal afkoel in pan en sny in blokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos