Klapper-ys

Sif 500 gr versiersuiker en voeg 2 k + 2 t klapper by, Voeg 125 ml sagte botter by en 2 t vanilla geursel ook 2 eierwitte, effens geklits. Klits deur met elektriese klitser.  Druk helfte van mengsel in vierkantige gesmeerde pan. Voeg paar druppels rooi kleursel by orige mengsel en meng deur. Druk bo-op wit deel vas. Koel in yskas af tot styf. Sny in blokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos