Klapperkoekies

Oond 180 gr C.    Room 250 gr sagte margarine, 1 1/2 k suiker, 3 eiers en 1 t vanillageursel. Voeg 4k bruismeel, 1/4 t sout en 1/2 k klapper by. Maak deeg aan. Rol in balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat. Druk effe platter. Bak tot goudbruin.  Koel af op afkoelrakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos