Koffie Vrugtekoek

Oond 170 gr C.  Klits saam in mengbak: 1/2 k sagte margarine, 1 k ligte bruinsuiker, 3 eiers en 1 t vanillageursel. Sif in aparte bak: 2 1/4 k koekmeel, 3 t bakpoeier, 1/4 t sout. Roer by eiermengsel en voeg  ‘n 1/3 k koue, swart koffie en 1/4 k melk by.  Roer 1 k vrugtekoekmengsel, 1/2 k groenvy stukkies, 1/2 k maketaanstukkies en 1/2 k kersies [cherries] halwes by. Skep in gevoerde, gesmeerde koekpan, [22 cm] en bak vir 1 uur tot gaar.   Hou dop na 50 minute. moenie langer bak as dit gaar is nie.   Gooi 1 E soetwyn, gemeng met 1 E brandewyn oor warm koek.  Laat 10 minute staan en keer dan versigtig uit op draadrakkie.  Gooi nog van wynmengsel oor. Laat afkoel en draai toe in tinfoelie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos