Kondensmelk Grenadilla Tert

Maak kors van 1 pakkie fyn gerolde tenniskoekies en 3 E gesmelte margarine. Druk vas in tertbak.  Klits 250 ml room styf  en roer 1 blikkie kondensmelk by en ook 3 E suurlemoensap. Skep in tertkors.  Gooi 1 blikkie grenadillamoes in kastrolletjie en bring tot kookpunt. Roer 1 t maizena, gemeng met 2 t suurlemoensap by tot verdik. Verkoel en skep bo-oor tert. Plaas in yskas.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos