Koshuis Poeding

Oond 180 gr C.   Stroop: Kook saam: 250 ml water, 125 ml suiker, 25 ml asyn, knippie sout.  Gooi in diep oondbak.    Deeg: Vryf 60 ml sagte margarine in 450 ml bruismeel. Voeg by: kwart t sout, 125 ml suiker, halwe t fyn gemmer, halwe t fyn kaneel.  Klits 1 groot eier en los 1 t koeksoda op in 120 ml melk. Roer eier en melk by meelmengsel en ook 25 ml appelkooskonfyt. Skep beslag in stroop en bak vir 30-40 minuite tot gaar. Poeding vorm eie sous onder-in bak. Bedien met baie dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos