Lemoen-Grenadilla Grootkoek

Oond 180 gr C,   Klits saam:  4 groot eiers, 1en 3/4 l suiker, 1 t lemoen essens.   Roer saam in beker: 1 k lemoensap en 60 ml olie.  Vou 2 k gesifte bruismeel en 1/4 t sout om beurt met vloeistof, in by eiermengsel… Skep deeg in 2 gevoerde gesmeerde koekpanne.   Bak vir 30 minute tot gaar.  Laat goed afkoel en versier met grenadilla versiersel.    Grenadilla Versiersel:  Meng saam:  6 E sagte margarine, 1 pak [500 gr] versiersuiker, 100 ml melk, knippie sout. Klits saam tot lig en donsig. Roer grenadilla moes by.  Smeer tussen-in en bo-oor koek.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos