Lemoenpoeding

Oond 180 gr C.  Smelt 2 E botter net tot sag in mikrogolfoond. Klits saam: 1 eier, halwe k suiker en gesmelte botter en ook 2 t wit asyn. Voeg by 1 k bruismeel, kwart t sout en 1 E appelkooskonfyt ook halwe t lemoen essens. Los halwe t koeksoda op in halwe k melk en roer by beslag en ook 1 t lemoenskil, fyn gerasper.  Maak stroop: In kastrol: 1 k water, halwe k lemoensap, halwe k suiker 2 t botter en knippie sout. Kook deur en gooi versigtig in diep oondbak. Skep deeg versigtig in stroop en bak vir 25-30 minute. Bedien met baie vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos