Ma se Pannekoek

In mengbak: 2 k koekmeel, halwe t sout, 3 eiers, halwe k kookolie, 2 k water en 1 k melk. Klits goed deur en laat vir 1 uur staan. Net voor jy begin bak, klits 2 t asyn en 1 t bakpoeier by.  Maak pan warm op medium hitte en gooi 2 t kookolie in pan. Skep sop-lepels vol in warm pan en bak alkant bruin. Sprinkel kaneelsuiker oor. Jy hoef nie weer olie in pan te gooi.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos