Maklike Quiche

Deeg:  meng saam tot sagte deeg: 250 ml bruismeel, 2 ml sout, klits saam; 50 ml canola-olie en 80 ml kookwater en meng met droë bestandele tot sagte deeg. Druk vas in tertbak. Druk deeg ook langs kante van bak.     Braai 1 gekapte ui, halwe pak gesnyde sampioene en 250 gr gesnipperde bacon.  Sprinkel hand-vol gerasperde kaas op deeg en skep ui-vulsel bo-op kaas. Klits saam: 250 ml room, 100 ml melk , knippie sout en 2 groot eiers.  Gooi bo-oor vulsel. Bak 35-40 minute by 180 gr C. tot goudbruin en gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos