Marmitekoek

Oond op 180ºC

Bestandele

150 gram margarine
2 eiers
20 ml bakpoeier
500 ml melk
400 ml suiker
750 ml meel
4 ml sout

Bolaag
130 gram margarine gesmelt
20 ml marmite , voeg by margarine terwyl nog warm
250ml gerasperde kaas

Metode

Meng margarine, suiker en eiers.
Voeg droeë bestandele om die beurt met die melk by en meng goed.
Gooi uit in gesmeerde koekpan en bak  plus minus 25 minute tot gaar.

Wanneer koek uit oond kom keer uit op `n bord, prik met `n vurk en
gooi die gesmelte margarine en marmite oor, heel laaste die kaas.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos