Nutty-Wheat Beskuit

Oond 180 gr C.      In bakskottel: 750 Bruismeel, 5 k nutty wheat meel, 30 ml bakpoeier, 2 t kremetart en 1 t sout.  Vryf 250 gr margarine in meel. Voeg 250 ml suiker en 250 ml sultanas by.  Klits in groot beker: 500 ml karringmelk en 2 eiers.  Roer by droë bestandele en meng met hande tot sagte deeg.  Maak bolle en plaas op gesmeerde oondpan. Bak vir 1 uur tot gaar..  Stel oond op 100 gr C.  Breek beskuit in stukke en plaas terug op oondpan. Droog uit vir 6-8 ure.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos