Peer Krummeltert

Sif saam: 1 k bruismeel, 2 ml sout en  voeg 200 ml bruinsuiker en 1 groot, geklitste eier by. Maak met vurk aan tot krummel-deeg.  Oond 180 gr C.  Plaas 1 groot blik peer-halwes, kleiner gesny en dreineer, in oondbak. Sprinkel 2 E suiker oor pere. Sprinkel die krummel-deeg bo-oor.  Gooi 80 gr gesmelte margarine bo-oor en bak 35-40 minute. Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet met geklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos