Pekan-neut Bros-koekies

Oond 190 gr C.    Meng vlg bestandele alles saam in skottel: 85 gr sagte margarine, 175 ml suiker, 1 groot eier, 275 ml bruismeel, halwe t fyn kaneel, 200 ml hawermout, kwart t sout en 100 ml gekapte pekan-neute. As te droog, voeg 1 E melk by. Skep t-lepels deeg op gevoerde, gesmeerde bakplaat en bak 20 min tot gaar en goudbruin.  Deeg sprei uit, moenie deeg te teenmekaar skep nie.  Koekies word bros as afkoel op draadrakkie.    Jy kan ook cherries of sjokolade stukkies insit en dan neute uitlos.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos