Tot Sy eer.
Search

PYNAPPEL MALVALEKKER TERT

15 malvalekker (marshmallows), 15 kersies en halveer as dit heel is.1 blik pynappel stukkies 450g.1pakkie mariebeskuitjies (my gunsteling nog steeds tennis beskuitjies).1 blik kondensmelk.1koevert orley whip.½ kop suurlemoensap.snipper (dit werk lekker met ‘n sker) malvalekkers.Halveer kersies as  dit heel is.Snipper pynappel as jy nie fyn pynappel verkies nie.Onthou net fyn pynappel kan te sappig wees vir jou room.Klop orley whip styf.Roer suurlemoensap by kondensmelk.En gooi alles bymekaar.Pak laag mariebeskuit of tennis en laag van die tert en herhaal.Volgens die bestanddele kan jy sien dat die hoeveelheid nie baie is nie.Neem dit in ag wanneer jy jou tertbak kies.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos