Pynappel Onderstebo Koek

Klits 60 gr botter en 80 ml ligte bruinsuiker saam en skep op bodem van n gevoerde, gesmeerde losboom-koekpan.  Plaas 1 klein blikkie pynappelringe bo-op. Sit kersies in elke opening van pynappelring.   Beslag: Klits saam: 80 gr sagte botter, 200 ml suiker, 1 t lemoen/pynappel geursel en 1 groot eier saam tot romerig. Sif 375 ml bruismeel en 2 ml sout saam en roer by eiermengsel met 125 ml melk. Skep mengsel bo-op vrugte en bak vir 40-45 minute by 180 gr C.  Keer uit op mooi bord en bedien warm met roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos