Roerbraai Slaai

Kook sous vir 5 minute:  1 K suiker, 1 k wit asyn, 1 t sout, 1 t kerriepoeier, 1/2 t borriepoeier en 2 E appelkooskonfyt.    Voeg 1 kg gevriesde groente by, Hawaiian roerbraai is baie lekker. Sit deksel op en kook saggies vir 10 minute.  Maak 1 E maizena met bietjie water aan en roer by mengsel. Roer tot verdik. Skep in gesteriliseerde potjies en skroef toe. Bedien koud as slaai met vleise.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos