Roly Poly Poeding

Oond 180 gr C.

Sif saam in mengbak: 550 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier en 1/2 t sout.
Vryf 45 gr [50 ml] sagte margarine in.
Klits 1 eier en 150 ml melk saam en maak deeg aan.
Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak en smeer appelkoos/aarbei/bessiekonfyt bo-oor deeg.
 Rol deeg versigtig op en sny in dik skywe en pak versigtig in gesmeerde oondpan.
 Maak vlg sous: 250 ml suiker, 25 ml margarine, 500 ml water, 50 ml suurlemoensap, 25 ml gouestroop en ‘n knippie sout.. Bring tot kookpunt terwyl jy roer.
Gooi warm stroop oor deegskywe en bak vir 1 uur tot goudbruin.
Bewdien met baie vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos