Rooibostee Stroopkoek

Oond 180 gr C.    Klits saam: 500 ml bruinsuiker, 6 eiers en 2 t vanillageursel. Sif saam: 750 ml bruismeel, 1 t bakpoeier, 1/2 t sout en 60 ml maizena. Roer by eiermengsel in en ook 60 ml karringmelk of plein jogurt.. Skep in gevoerde, gesmeerde oondpan en bak tot gaar vir 40-50 minute.   Maak Stroop:  400 ml suiker in 600 ml rooibostee en knippie sout in kastrol. Roer tot suiker opgelos is en kook vir 5 minute. Haal van stoof af en gooi 50 ml brandewyn by [opsioneel].   Steek paar gate in gaar koek en gooi stroop oor. Koel af en bedien met geklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos