Rys-Frikkadelle

Bedek halwe k rys met water en bring tot kookpunt, dreineer en spoel af met koue water.  Meng 500 gr maalvleis by rys, asook 2 gekapte uie, 1 E worcestersous, 2 E blatjang 5 ml sout en 5 ml braaivleisspeserye. Vorm bolletjies. Gooi in groot kastrol: 500 ml kookwater, 1 blikkie [115 gr] tamatiepasta, 1 t fyn kaneel en 2 t suiker,  Bring tot kookpunt en plaas frikkadelle versigtig met ‘n lepel in die sous. Plaas deksel op kastrol en prut saggies vir 45-50 minute,   Bedien op pasta of gaar rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos