Sago Poeding

Week 1 k sago in 1 liter melk in groot kastrol vir 2 ure. Plaas op stoof en voeg 1 E botter, kwart t sout, 1 k suiker en 1 t vanilla essens by. Meng saam in beker: 2 E maizena, 4 eiergele en halwe k melk. Roer stadig in by kokende melkmengsel met draad klitser, Laat kook vir 2 minute. Haal kastrol af van stoof. Klits 4 eierwitte styf en vou by melkmengsel. Gooi beslag in diep oondbak. Skep klontjies appelkoos konfyt oral op mengsel. Bak by 180 gr C tot goudbruin

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos