Semel-Sade Beskuit

Oond 180 gr C. Smelt 400 gr margarine. Meet af in Mengbak: 1 kg bruismeel, 2 t bakpoeier, 1 t sout, 1 k suiker, 1 k semels, 1 k hawersemels [oatbran] 1 k hawermout. halwe k elk van vlg sade: pampoenpitte, sonneblompitte, sesamsaad. halwe k sultanas of bosbessies. Klits 2 groot eiers en klits 2 k karringmelk daarby en roer met gesmelte margarine by droë bestandele. Roer goed deur en skep in gesmeerde plat pan. Merk in blokkies met skerp messie en bak vir 40-45 minute tot gaar. Droog uit by 100 gr C.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos