Sjokolade mousse (roomglase)

250g wit sjokolade

250ml Clover room

2 ekstra groot eierwitte

60ml witsuiker

250ml room-verkoel

Breek sjokolade in blokkies,voeg room by.Smelt oor lae hitte tot sjokolade gesmelt het en mengsel gebind is. Roer aanhoudend.Laat afkoel tot kamertemperatuur.Klits eierwitte styf tot punte vorm,voeg suiker geleideli by tot mengsel dik en blink is. Vou versigtig by room en sjokolade mengsel in. Plaas in yskas vir 30minute.Klits verkoelde room styf en vou by sjokolademousse. Plaas in yskas vir ten minste 2ure.Skep in glase en bedien.Druk vingerbeskuitjies in as verkies,strooi gerasperde donkersjokolade bo-oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos