Sjokolade Poke-Cake

Bak .n sjokolade plaatkoek.  Haal uit oond en koel 10 minute af in pan. Druk met houtlepel se steel gate oral in die koek.  Skep 1 blikkie karamel kondensmelk in ‘n glasbak en smelt in mikrogolf-oond.  Gooi bo-oor die koek. Koel heeltemal af.  Maak ‘n pakkie kits sjokolade/karamel/ kitspoeding aan en smeer oor koek.  Sny in blokke en haal uit pan met eierspaan.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos