Spesery-Chrunchies

Oond 180 gr C. Smelt 250 gr margarine en 25 ml gouestroop in kastrol. Haal van stoof en roer 3 t koeksoda by. Roer goed. Meng vlg best: 500 ml koekmeel, 4 k hawermout, 2 ml sout, 375 ml suiker, 500 ml klapper, 2 t fyn kaneel en 2 t gemengde speserye. Roer by gesmelte mengsel. Druk mengsel vas in gesmeerde oondpan. Bak vir 15 – 20 minute. Sny in blokkies terwyl nog warm . Koel af en skep uit met eierspaan. Pak op afkoelrakkie tot koud. Pak in lugdigte blik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos