Speserye Pampoen-Tert

Oond 180 gr C.    Voer gesmeerde tertpan/bak uit met uitgerolde broskorsdeeg. Plaas in yskas.  Maak vulsel:  Meng 500 ml gekookte, fyngedrukte pampoen, 125 ml suiker, 23 ml sout, 5 ml fyn kaneel, 2 ml fyn gemmer en 2 ml fyn gemengde speserye. Klits 2 groot eiers en 125 ml room en roer by pampoen. Skep in tertkots. Bak vir 45 minute tot ligbruin en gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos