Spinasie Quiche

Kors;   Meng saam tot sagte deeg.   250 ml bruismeel, 1 ml sout, 50 ml sonneblom-olie en 75 ml kookwater.  Druk vas op boom en ook langs kante van gesmeerde quiche-pan of oond glasbak.      Vulsel:  Braai 1 medium, gekapte ui en 1 pak gesnipperde bacon tot sag.  Voeg 4 k gekapte spinasie by en roer tot gaar.  Skep in vergietes dat alle water kan uitloop.   Sprinkel 1 k fyn gerasperde cheddar kaas op tertkors en volg dan met spinasie-mengsel.  Versprei eweredig oor kaas.   Klits 2 groot eiers, 250 ml room 100 ml melk en knippie sout saam en giet bo-oor vulsel.  Bak vir 40 minute by 180 gr C.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos