Super Brownies

Oond 180 gr C.   Meng alles saam:   150 ml koekmeel en 50 ml kakaopoeier  [albei saam gesif]  500 ml bruinsuiker, 2 ml sout, 250 ml sonneblom/canola olie geklits saam met 4 eiers, 5 ml vanillageursel, 100 gr melksjokolade, kleiner gekap.  Skep in gevoerde, gesmeerde vierkantige koekpan. Bak 20-30 minute. Koek moet klam wees. Keer versigtig uit. Sny in blokke en bedien as poeding met vanilla roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos