Toffie Appels

Was 30 klein appels af en droog goed af. Steek ‘n sosatiestokkie in elke appel. Smeer bakpapier met margarine en plaas op skinkbord.   Stroop: 4 k Suiker, 1 k water, 150 ml [12 Eetlepels] gouestroop, knippie sout, 2 E botter. Kook saggies tot middelslag kraak stadium [143 gr C] Roer rooi koekkleursel by. Haal van plaat af en plaas in groter kastrol met kookwater.  Doop appels een vir een in stroop, Bedek deeglik en plaas op skinkbord.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos