Vanilla Kaaskoek

Oond 180 gr C.    Smeer die boom van n losboom-koekpan met baie botter. Sprinkel 1/2 pakkie fyn gedrukte mariekoekies op boom. Plaas in yskas. Klits 125 gr sagte botter en 185 ml strooisuiker, knippie sout en 2 t vanillageursel saam.  Voeg 1 houer roomkaas, 60 ml suurlemoensap en 5 eiergele by en klits goed. Sif 30 ml mielieblom en 30 ml koekmeel oor en roer tot gemeng.  Klits die 5 eierwitte styf en vou saggies by mengsel in. Gooi in koekpan en bak vir 15 minute. Draai oond af na 150 gr C. Bak vir 40-45 minute tot goudbruin en ferm. Haal uit oond en koel af in pan. Maak kante los met mes en sit op opdien bak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos