Vinnige Gemmerbier

Meng saam in groot plastiekhouer met deksel: 24 k lou-warm water, 6 k suiker, 2 t kremetart, 2 t wynsteensuur, 1 E fyn gemmer, 1 t lemoenessens [opsioneel] 1 1/2 E kitsgis.  Roer goed deur tot suiker opgelos is. Gooi handvol rosyne by.  Sit deksel liggies op en laat staan tot rosyne bo dryf.  Syg deur en gooi in bottels. Draai liggies toe en bere in yskas.  Jy kan dit ook in groot ‘canfruit-bottels’ gooi.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos