Vrugte Bobotie

Oond; 180 gr C.    Week 2 snye bruinbrood in 200 ml melk.  Braai 2 gekapte uie in bietjie olie en voeg 1 E suurlemoensap by. Roer 5 ml kerriepoeier, 5 ml borrie, 5 ml geuropwekker en 2 ml peper by. Roer 500 gr maalvleis by en roerbraai tot verkleur. Voeg uitgedrukte brood by, [hou melk eenkant]  30 ml blatjang 1 gerasperde groen appel, 125 ml gedroogde, gekapte peskes/appelkose en 80 ml sultanas by. Kook deur vir 10 minute.  Roer 1 geklitste eier by  en skep in oondbak. Klits orige melk, 2 eiers en knippie sout saam en gooi bo-oor. Druk 2 lourier/suurlemoen blare in mengsel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos