Wors en Rys Gereg

Oond 180 gr C.   Braai 1 gekapte ui en gekapte greenpepper in bietjie olie. Voeg 1 t medium kerriepoeier, 1/2 t borriepoeier, 1 t sout en 2 E blatjang by.  Roer deur. Voeg 500 ml kookwater en 1 klein blikkie perske-snippers, sous en al, by.  Kook deur. Sny 500 gr boerewors in stukkies en plaas in oond casserol, gooi 1 k rou rys bo-oor, ook 1 t sout.   Gooi sous versigtig oor rys en plaas deksel op.  Bak in oond vir 60 minute tot rys sag is.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos