Wors en Rys-Skottel

Oond 180 gr C.      Braai 1 gekapte ui en green, rooi of geel pepper, gekap, in olie tot sag. Roer 2 t medium sterk kerriepoeier, 1 t borriepoeier en 2 E blatjang by. Roer deur. Voeg 1 t sout en 1 klein blikkie perskesnippers, sous en al by, ook 2 k kokende water. Kook vir 5 minute.  Breek 500 gr wors in stukkies en pak onder-in casserol. Gooi 375 ml rou rys oor en nog 1 t sout. Gooi dan sousmengsel versigtig bo-oor. Sit deksel op en plaas in oond. Bak vir 60 minute tot rys sag.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos