gia vang hom nay , dich vu seo , tap chi me va be , bao ve viet nam , bao ve viet nam , bao ve viet nam , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , sieuthismartphone.vn , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,



Kaokoland Toer  - 8 tot 22 Mei 2010

(Na ‘n kykie in elke dag is daar ‘n skakel na die fotogallery – gaan loer gerus)

KAOKOLAND

Kaokoland is geleë in die noordwestelike gedeelte van Namibia en is een van die laaste oorblywende wildernisgebiede in Suider-Afrika.  Die totale oppervlakte beslaan ongeveer 49 000km2.  Kaokoland word in die Noorde deur die Kunenerivier van Angola geskei.   Die Otjihipaberge vorm die Oostelike grens met Ovamboland en die Etosha Nationale Park. terwyl die Hoanibrivier die Suidelike grens met Damaraland vorm en die Hartmansberge in die Weste Kaokoland van die Atlantiese Oseaan skei. Dit is ‘n wêreld van ongelooflike berglandskappe en vlaktes en die tuiste van die nomadiese Himba mense, afstammelinge van die Herero”s wat die area reeds gedurende die sestiende eeu binnegekom het. Hulle trek met hulle beeste en bokke oor groot afstande op soek na die beste wieding. In terme van wildlewe is die streek seker die meeste bekend vir die seldsame woestyn olifante, swartrenosters en kameelperde. Die topografie wissel van ruwe berge in die suide, talle dolomiet koppies verder noord van die Hoarusibrivier en die Marienflussvallei nog verder noord.  Die Marienflussvallei is baie mooi en relatief groener as die Hartmansvallei. Die hoogste piek (2 039m) is in die Baynes Berge wat oos van die Otjipaberge gelee is.

Dag 1 Sondag 9 Mei

Die kampterrein Elisenheim, 15km Noord van Windhoek is die versamelpunt waar die toergroep Saterdagaand 8 Mei oorslaap. Ons toerleier, Neal van den Berg, stel die Sondagoggend ons ondersteuningspan, Uri Advertures, aan die groep voor.  Die span bestaan uit Eben Deport en sy vrou Marita, eienaars van Uri Advertures, asook Len en Patric, twee gesoute lede uit die Uri Adventures personeelkorps.    Dis Sondag en boonop Moedersdag en Johan (Potlood) Engelbrecht bring vir ons ‘n gepaste boodskap uit die Woord.   Ter viering van Moedersdag oorhandig die Hoofbestuurder van Radio Namakwaland, aan elkeen van die dames in die groep,  ‘n resepteboek.. Dis ook Nick van Wyk van Aranos se verjaardag en na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Okahandja waar ons brandstof en proviant aanvul..  Ons ry verder na Otjiwarongo waar die laaste aankope gedoen word voor ons vertrek na die Etotongwe Lodge net buite Outjo.  Ons word bederf met ‘n laaste stukkie “beskawing” in die vorm van ‘n heerlike buffet ete.

FOTOGALLERY DAG 1

Dag 2 Maandag 10 Mei

Na ontbyt  en oggendgodsdiens vertrek ons na Kamanjab, die laaste vulstasie voor ons byna 1000 km verder en ‘n paar dae later op Opuwo eers weer brandstof sal kry.  Ongeveer 50km verder op die Ruacanapad draai ons wes in die rigting van Sesfontein.  verby Baadjie, die kontrolepunt van die rooilyn, waar die hele konvooi inteken en bietjie uitgespan.  Ons ry deur die pragtige Khowarib Schlucht, Damaraland se woestyn juweel, tot waar ons in die Khowarib Vlaktes boskamp maak om die aand oor te slaap.  Dis ‘n vallei vol pragtige Mopanie- en Bloedbome, oortrek met gras na die goeie reëns, so hoog dat ons na die saadnette gryp. Wat ‘n gesig en belewenis – die stilte en sterreprag om ‘n kampvuur – net soos toe God dit geskep het!

FOTOGALLERY DAG 2

Dag 3 Dinsdag 11 Mei

Ons sit ons reis deur die Khowarib Schlucht voort.  Na ‘n paar kilometer draai ons af in die rivierloop van die Hoanibrivier.  Die rotsformasies is onbeskryflik mooi.  By ‘n fontein wat lekker sterk rivier af vloei, maak ons die waterkanne weer vol.   Party gebruik sommer die kans om in die watervalle af te koel voordat ons verder ry tot by  Sesfontein waar daar geen brandstof is nie.  Hiervandaan ry ons verder, in die loop van die Hoanibrivier waar die stof selfs erger is as tot by Sesfontein, maar ons beur voort.  Ons draai weg uit die rivierloop tot by die Ongongo fonteine waar ons middagete geniet en weer lyf natmaak – onvergeetlik mooi en ‘n heerlike lafenis!  Ons ry terug na die Hoanibrivier en maak boskamp in die rivier tussen die berge.    Ons sien vars olifantspore en is vol afwagting oor die volgende dag,….gaan ons die woestyn olifante te siene kry…?

FOTOGALLERY DAG 3

Dag 4 Woensdag 12 Mei

Ons val vroegoggend in die pad – vol hoop om olifante te sien.  Die rivier vernou by ‘n poort tot skaars vyf meter breed – gelukkig is daar nie olifante nie, want verbykomkans is daar nie. Net anderkant die poort kry ons eers ‘n paar kameelperde!  ‘n Entjie verder word ons droom waar – ‘n klein troppie woestynolifante!!.  Hul is rustig en ons beweeg tot baie naby aan hulle sonder enige agressie – ten spyte van die kleintjie! Woestynolifante is aangepas om tot vier dae sonder water klaar te kom.  Hulle grawe gate vir water en voorsien dikels so ook water vir ander diere.  Hierna beweeg ons uit die rivierloop oor na die vlaktes oppad na Puros.  Ons kry troppe en troppe springbokke en gemsbokke.  Nog ‘n seldsame gebeurtenis was toe ons afkom op vier leeus wat jag maak op ‘n paar Sebras. Ons volg hulle en sien hoe hulle teen ‘n koppie uitklim om later oor die horison te verdwyn.  Die aand slaap ons naby Puros langs die rivier.

FOTOGALLERY DAG 4

Dag 5 Donderdag 13 Mei

Dis Hemelvaartdag en na ontbyt en ‘n Hemelvaartdiens ry ons dieper in Kaokoland in. Verby Puros ry ons verder in die droë rivierloop van die Hoarusibrivier.  Ons gewaar nog woestynolifante en kameelperde.  Die woestynolifante is van die selfde spesie as ander Afrika olifante, maar dis een van slegs twee groepe wat in woestynagtige dele voorkom – die ander is in Mali in Noord Afrika.  Hul liggaamsgewig is minder, maar hulle pote is groter as die wat in gunstiger omstandighede voorkom.  Verder rivier op kry ons die vars oorblyfsels van ‘n jong Sebra.  Ons kry die drie leeus wat dit gevang het en neem mooi fotos. Ons is voorwaar bederf om soveel leeus te kry en dit alles op een toer!  Net voor Orepembe beweeg ons oor na die Khumibrivier.  Hierna verander die omgewing drasties van die baie klipperige dele met pragtige berge tot ‘n area met verstommende bome en weliger plantegroei.  Ons slaap ongeveer 80 km van Van Zyl’s Pas af in ‘n droë rrivierloop naby die Otjihaa Village.

FOTOGALLERY DAG 5

Dag 6 Vrydag 14 Mei

Die Himba vroue van die Otjihaa Village kuier vroegoggend saam met ons. Ons is nou oppad na Zyl’s Pas toe en is oorbluf deur die groot verskeidenheid boomspesies waaronder die Kremetart, Bottelbome, Mopanie, Boesmangif en baie ander volop is.  Ons besoek die grafte van Herero Hoofmanne en dele van die pad in aanloop na die pas is baie moeilik en word daar geklim en geklouter.  Die pas, wat ongeveer 10,6km lank is,  is vernoem na Ben van Zyl wat in 1960 ‘Bantu Kommissaris” van die Kaokoveld was.  Hy en sy regterhand, Jeremia en ‘n span Himbas het verskeie roetes in die Kaokoland gebou.  Die toergroep is baie opgewonde om die eerste gedeelte van die pas aan te pak – dit waarna almal so uitgesien het.  Die eerste gedeelte verloop vlot en ons besluit om halfpad te oornag aangesien ons nie voor donker die onderpunt  kon bereik nie.

FOTOGALLERY DAG 6

Dag 7 Saterdag 15 Mei

Die groep is vroegoggend reg vir die res van die Van Zylspas.  Daar word eers by die uitkykpunt gestop om die asemrowende vlaktes van die MarienfluB te besigtig.  Die MarienfluB lê tussen die Otjihipa-, Baynes-, en Hartmansberge.  Die Hartmansberge lê aan die Westekant en die Otjihipaberge – wat op plekke tot 1500 m hoog is, aan die Oostekant.  Tydens goeie reëns word die sanderige vallei omskep in ‘n grasland wat troppe gemsbokke, springbokke, volstruise en ander wildsoorte lok.  Dis hier waar die onverklaarbare ‘fairy circles’ of kaal sirkelvormige kolle voorkom.  Ons ry Noord tot by die Kunenerivier waar ons by Otjinungwe met sy heerlike geriewe oornag. Ons swem saam met die korkodille en speel uit om die Botsjabal-kampioene aan te wys.

FOTOGALLERY DAG 7

Dag 8 Sondag 16 Mei

Dis Sondag en na ons erediens draai ons terug Suidwaarts weg van die Kunene af.  Dis weer harde Kaokoland paaie met talle verrassings.  Die grasvelde is groen en die diere volop.  Dis byna soos ‘n Serengeti in die kleine.  By Rooidrom stop ons eers vir ‘n wyle om groepfoto’s  te neem voordat ons die Rooidrompas aanpak.  Dis plek-plek selfs slegter as die Van Zylspas.  Die Himba/Herero boere wys hulle kan suksesvol boer – ons ry by trop beeste van 400 of meer stuks verby en hulle kondisie is goed.  Van die voertuie se brandstof raak min en Opuwo is nog ver.  Ons slaap die nag in die loop van die Hoarusibrivier met die donkiehingste wat ons geselskap hou.

FOTOGALLERY DAG 8

Dag 9 Maandag 17 Mei

Ons ry deur die pragtige Hoarusibvallei met sy hordes palmbome langs die rivier oppad na Opuwa.  Dis byna 900km sedert ons laaste brandstofaanvulling en die groep  wys waarom daar vriende in die lewe is.  Die wat sonder brandstof kan gaan staan kry by die wat surplus het en ons haal Opuwa gerieflik.  Op Opuwa staan ons tou vir brandstof, koop wat nodig is by die kettingwinkel, besoek die plaaslike kliniek en ry verder oppad na Epupa.   Ons nuttig middagete onder ‘n massiese Anaboom en aanskou die Ovahimba kinders se donkie derby.  By die Epupavalle besoek ons eers ‘n uitkykpunt op ‘n koppie wat ‘n panoramiese uitsig bied oor die Kunenerivier waar dit ‘in n reeks watervalle na benede tuimel.  Ons neem fotos en verkyk ons behoorlik aan die natuurskoon. Die Epupavalle (Herero vir die vallende water) is ongeveer 190 km stroomop van die Kunenerivier mond, een van Kaokoland se mees asemrowende toerisme aantreklikheid. Die rivier val oor ‘n afstand van 1,5 km tussen 60 – 70 meter met die grootste enkele daling sowat 37 m wat geïdentifiseer word as die Epupavalle. Die kampeerterrein is stampvol, maar na twee uitputtende dae van  ry geniet almal die lafenis van die veilige waterpoele en die badkamergeriewe met warm en koue water.

FOTOGALLERY DAG 9

Dag 10 Dinsdag 18 Mei

Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Enyandi al langs die oewers van die Kunene oppad na Ruacana.  Min het ons geweet die moeilike deel van die roete begin nou eers. Na die baie reën vroeër in die seisoen is die vlak van die rivier steeds hoog, maar dis veilig om die roete te volg. Slegs ‘n week vroëer was die roete nog onbegaanbaar. Die rivier vloei sterk en ons sien net op een plek ‘n krokodil met die verkyker. Vandag se roete neem ons deur groot koepels bome en al is die vordering stadig is dit tog baie opwindend. Dis plek-plek selfs moeiliker as Van Zylspas.  Daar is genoeg tyd om die natuurskoon te bewonder en die plantegroei is verstommend.  Ons kamp in die Enyandi gemeenskapskamp sonder enige geriewe in ‘n area waar die Makalani palms amper ‘n klein woud vorm. Hier vertak die Kunene in tientalle klein stroompies wat eilande vorm met hordes Makalani Palms al langs die rivier.  Die waaghalsiges bad in die rivier, selfs al is water nou so volop.

FOTOGALLERYDAG 10

Dag 11 Woensdag 19 Mei

Ons ry vandag verder Oos in die rigting van Ruacana, verby Swartbooisdrift.  Ons besoek die monument opgerig ter nagedagtenis aan die Dorslandtrekkers wat hier die Kunene oorgesteek het Angola toe.  Dit is  ‘n onbeskryflike mooi roete met baie uitdagings.  Waar ons ry op die walle van die Kunenerivier en Angola op die linkerkant  en die Zebraberge regs deur talle kleiner riviere wat in die Kunene uitloop, is die natuur in sy ongereptheid iets om nooit te vergeet nie.  Die Kunene het ‘n baie unieke ekosisteem met weelderige plantegroei op die oewers wat vinnig oorvloei in byna ‘n woestynlandskap.  Die voëllewe langs hierdie standhoudende rivier wat vir 300 km deur Namibië vloei is volop met die roep van die visarend seker die kenmerkendste.   Ons oornag by die Kunene Island Kampterrein met volledige ablusie geriewe en selfs ‘n swembad wat uit die rivier volgepomp word. Ons beleef een van daardie skouspelagtige sonsondergange waarvoor Kaokoland so bekend is.

FOTOGALLERY DAG 11

Dag 12 Donderdag 20 Mei

Ons basis vir die dag bly die Kunene Island Kampterrein waarvandaan ons net na ontbyt vertrek na die Ruacana watervalle.  Skaars buite die kampterrein beland Christal Brand in ‘n erosiesloot en die plek kry die naam “Hannie se Gat”. By die valle ontspan ons net lekker, neem fotos en betree selfs vir Angola op die damwal.  Die Ruacanavalle is 120m hoog en 700 meter wyd as die rivier vol in vloed is.  Ruacana is afgelei van die Herero orua hakahana wat “die stroomversnellings” beteken.  Sedert die bou van die Angolese Calueque-dam slegs 20 km verder stroomop word die vloei met ‘n een km lange stuwal bokant die valle beheer.  Dit is slegs gedurende die maande Maart tot Mei wanneer die rivier in vloed is wat die valle nog tot sy reg kom. Die Ruacanavalle is een van dié mees uitsonderlike natuurwonders van Namibië en is slegs sowat 15 km Oos van die dorpie met dieselfde naam.  Na middagete by die kamp besoek die groep die swemgate in ‘n fontein ver tussen die berge in om af te koel en net voor sononder geniet almal ‘n ‘sundowner’ op ‘n nabygeleë koppie met ‘n pragtige uitsig oor die omgewing en nog ‘n onvergeetlike sonsondergang.

FOTOGALLERY DAG 12

Dag 13 Vrydag 21 Mei

Die toer loop vandag amptelik ten einde, maar Ruacana is nog nie die eindbestemming nie.   Na ontbyt vertrek ons rigting suid na ons bestemming anderkant Otjiwarongo waar ons by die Otjiwa Lodge op ‘n privaat wildplaas met uitstekende geriewe gaan oornag. Die rit is lank maar ons vorder goed want ons is nou nie meer op grondpaaie nie. Die roete deur Ovamboland is steeds mooi, maar nie so ongerep soos Kaokoland nie. Ons sê langs die kampvuur ons dankies en raak vervul met ‘n soort heimwee – ons neem nou nie meer net van toerlede afskeid nie, maar van toerfamilie.      Wilke van den Berg wat die vorige aand by ons aangesluit het om die afskeidsfotos te neem en word wakker met ‘n yslike pofadder reg onder sy matras waarop hy geslaap het. Lekker in die natuur né Wilke. Basie en Heleen van Wyk herdenk hulle troudag en slaap in die nabygeleë luukse chalets.  Memories are made of this!

FOTOGALLERY DAG 13

FOTOGALLERY TOERLEDE - KYK WIE WAS SAAM