Bacon-Kaas-Mielie Mufins

Oond 180 gr C.. Gooi in mengbak: 2 k bruismeel 3 t suiker en 1/4 t sout.  Klits saam 3 eiers 1 k melk en 3 E olie. Roer rofweg by meel. Knip 1 pakkie bacon in snippers en voeg saam met 1/2 k kaas 1/2 k heelpit mielies en 1 E gekapte pietersielie en ook 2 t gekapte gras-ui by mengsel.. ook 1/2 t droê mosterdpoeier. Roer deur. Skep in gesmeerde muffinpanne en bak vir 25 minute. Dien op vir ligte ete met slaaie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos