Biltong Frittata

Braai 1 gekapte ui. halwe, groen gekapte soetrissie in bietjie olie, in plat, ronde pan. Klits 4 groot eiers en 2 E melk en giet oor ui en rissie. Sprinkel handvol fyn gesnyde biltong en fetakaas, gekrummel bo-oor. Bak op stadige hitte op plaat en sit onder warm oond element tot gaar en gestol. Sny in dik skywe en bedien met slaai. Jy kan ook gebraaide bacon in biltong se plek gebruik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos