Botter Hoender

Skep 4 E botter in kastrol en 1 groot gekapte ui. Braai vir 1 minuut en voeg dan 5 hoenderborsies in stukke/repies gesny, by asook 2 fyn knoffelhuisies, Roerbraai tot hoender gaar. Voeg by; 1 E garam masala, 1 t fyn komyn [cumin], 1 t fyn koljander en sout en peper na smaak. Roerbraai weer vir 2 minute. Voeg 1 blik gekapte tamaties by en 1 k karringmelk. Prut saggies vir 10 minute. Meng 1 t maizena in 250 ml room enroer by. Kook 2-3 minute. Roer aanhoudend tot sous verdik. Bedien met rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos