Bruin Karamel Poeding

Oond 180 gr C.     Meng alles saam in mengbak:   1 groot eetlepel sagte margarine, 1 k appelkooskonfyt, 1/4 t sout, 300 ml bruismeel, 1 t koeksoda, 2 t asyn, 1 t fyn gemmer [opsioneel]. As deeg te styf is, gooi bietjie water by.  [Deeg moet soos dadelbroodjie se beslag wees]    Skep deeg in diep oondbak. Strooi 1  koppie bruinsuiker oor en gooi 3 k kookwater, versigtig oor deeg en suiker.. Bak vir 30-40 minute. Bedien met vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos