Chrunchie Koekies

Oond 180 gr C.  Meng saam in mengbak: 4 k klapper, 4 k hawermout, 1 k koekmeel, 1 1/2 k suiker, 1 t fyn kaneel en 1/2 t sout.  Smelt 250 ml margarine en 4 E gouestroop. Los 2 t koeksoda op in 1/2 k melk en voeg 2 t asyn by. Meng nat bestandele met droê bestandele. Druk vas in gesmeerde plat koekie-pan. Bak vir 20-30 minute tot gaar. Sny in blokkies terwyl nog warm. Laat afkoel en lig uit pan met eierspaan. Plaas op afkoelrakkie tot heeltemal koud en bros.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos